Spruite Groenvoer – Bekostigbare voer vir Lewendehawe

Sep 19, 2016 Mark

Press Release (ePRNews.com) - GEORGE, South Africa - Sep 19, 2016 - Hierdie revolusionêre groenvoer stelsel maak dit moontlik vir boere om die ekwivalent van tot 15ha weiding onder besproeiing in ‘n Voerkas wat bekend staan ​​as die “Green Sprouts Booster”  te produseer. Hierdie stelsel produseer groenvoer binne 5 tot 7 dae en beteken dat ‘n veeboer produksie kan verhoog teen n bekostigbare prys. Veeboere verkry hierdeur n konstante toevloei van groenvoer wat baie hoog in voedingswaarde is en terselfde tyd n oplossing om droogte te beperk. Die stelsel is bekend as aëroponika wat gebruik word vir die groei van spruite sonder n groei medium. In teenstelling met hidroponika, waar plante gekweek word met hul wortels in ‘n mineraal voedingsoplossing, het aeroponika geen groeimedium en geen voedingstowwe word benodig om te produseer nie behalwe water.

Spruite word gegroei in n spesiaal ontwerpte groeibak, die spruite gebruik voedingstowwe uit die saad in die vorm van stysel wat omgeskakel word na suikers wat die plant se groei ondersteun. Geen kunsmis of chemiese voeding word gebruik om die spruite te kweek nie, slegs skoon water wat deur ‘n oorhoofse besproeiing stelsel toegedien word. Die spruite word binne vyf tot sewe dae geoes sodra die meeste van die voedingstowwe in die saad opgeneem is.

Gars ontkiem binne 24 uur en groei in dieselfde pan vir vyf tot sewe dae afhangend van die temperatuur en is dan gereed om geoes te word in die vorm van n “spruite sooi”. Elke dag word die “spruite sooi” wat gereed is uit die groei bakke verwyder, die groei bakke word gespoel en gesteriliseer en die proses word weer herhaal. Die “spruite sooi” is hoogs voedsaam en beskik oor 18 van die 21 aminosure en is belaai met waardevolle nutriente. Navorsing toon dat 1kg gars spruite vergelykbaar is met 3kg lusern in terme van voedings waarde. Die diere geniet die groenvoer spruite en dit verseker dat geen voer vermors word nie. Die hele spruit en wortel massa word 100% benut.

Onlangse gebeure bevestig dat vee en melkboere nie in staat is om voer vir hul diere in tye van droogte te produseer nie en was verplig om hul beursies groot te open vir die aankoop van baie duur voer. Dit plaas ‘n paar boere onder groot finansiële druk en in sommige gevalle word boere selfs gedwing om hul vee te verkoop en handoek in te gooi.

Vivian Beukes van Green Sprouts Solutions in George in die Wes Kaap het in 2009 die eerste “Spruite Booster” stelsel ontwikkel vir die lokale Suid Afrikaanse en Afrika markte. Die ontkieming van saad vir groen spruite of peul gewasse is baie hoog in voedingswaarde en opneembaarheid. Hierdie is n koste-effektiewe veevoer wanneer dit korrek aangewend word. ‘n Koste vergelyking wat gedoen is deur die maatskappy toon dat vee wat gars en mielie spruite gevoer word in kombinasie met ruvoer, die voedings koste drasties verlaag en  ter selfde tyd produksie verbeter.

Green Sprouts Solutions het reeds 450 + Booster (voorheen BioBooster) stelsels in Suid Afrika en omliggende Afrika lande geïnstalleer met groot sukses en positiewe resultate. Green Sprouts Solutions is onomwonde die mark leiers in Afrika met die ontwikkeling van hul “een-stop” oplossing en unieke “Spruite Booster” eenhede.

Die volgende is beskikbaar:

·         Nuwe Generasie Boosters + (Alternatiewe Son-energie oplossings)

·         Mikro organismes – Verbeter opneembaarheid van voer en bemagtig metabolisme werking

·         Ontsmettings Middels – Voorkoming van fungi en nadelige bakterië

·         Saad  – Gars/Barley en ander spruit saad soorte

·         Bystand met tegniese advise en Voer Programme

·         Ander inligting

Die Sprout Booster is 8,1m lank, 3,4m breed en 2,7m hoog en kom met 3 verskillende ontwerp opsies. Die splinter nuwe Next Generation Booster bied die ideale isolasie vir gebiede waar ekstreme weerstoestande voorkom en begunstig plantegroei deur n unieke temperatuur regulerings metode. Beide die Standaard en Next Generation opsies word ook bedek deur ‘n spesiale plastiek materiaal om die optimale hoeveelheid sonlig toe te laat om fotosintese te bevorder op n natuurlike wyse. Hierdie konsep verlaag die energie verbruik en beperk die operasionele koste in vergelyking met ander sisteme. Daar is ook bekostigbare alternatiewe son energie stelsel opsies beskikbaar vir die verskeie modelle.

Die Boosters gebruik nie ‘n lugversorger vir afkoeling in die stelsel nie, maar n verdampings verkoeler wat spesiaal ontwerp is. Die verkoelings metode hou die koste so laag as moontlik en om hierdie rede is dit ‘n ekonomies lewensvatbare oplossing vir enige veeboer. Die stelsel gebruik ongeveer 500-800 liter water per elke 24-uur siklus.

1 x Green Sprouts Booster kan genoeg groenvoer produseer vir 300 skape / bokke of 55 beeste per dag.

Boosters word op bestelling vervaardig en pryse is beskikbaar op aanvraag. Alle installasies word deur Green Sprouts Solutions gedoen, die boer maak voorsiening van n betonvloer, ‘n waterpunt en n kragpunt. (Son Energie Stelsels is beskikbaar) Hierdie stelsel bied boere ‘n volkome oplossing om hulle grond meer ekonomies te kan bestuur, voerkoste te verlaag en droogte te bekamp.

“Green Sprouts Booster – ‘n revolusionêre tegnologie vir ‘n beter toekoms”

Vir meer inligting besoek ons ​​webwerf:

http://www.greensproutsafrica-hydroponic-fodder-systems.c…

Source : Green Sprouts Follow on Google News
Business Info :
Green Sprouts
5 Nywerheid Street
George, Western Cape - 6536 South Africa
Phone: +2744 873 0371
Website: http://www.greensproutsafrica-hydroponic-fodder-systems.co
SHARE :  

Login

Or using ePRNews Account

Don't have an account ? Sign Up

Register New Account

Already have an account ? Login

Reset Password

Already have an account ? Login

DISCLAIMER

If you have any concerns regarding this press release, please contact the Author / Media Contact / Business of this press release. ePRNews is not resposible for the accuracy of the news posted and do not endorse, support any product/ services/ business mentioned and hereby disclaims any content contained in this press release.